R30 000 beloning vir opsporing van vermiste Kimberley-man

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die polisie in Kimberley bied ‘n beloning van R30 000 aan vir die persoon wat inligting kan gee om Rrabatho Rabie Lekhu (40), wat reeds vir meer as vier maande vermis is, op te spoor.

Lt.-kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder vir die polisie, sê Rabie is laas op 11 April gesien, nadat sy vriend hom in die middestad voor Autopedigree, in Du Toitspanstraat, afgelaai het.

Rabie het ’n T-hemp, ’n jean en sandale aangehad toe hy verdwyn het. ’n Aantal leidrade is opgevolg, maar die polisie kon Rabie nog nie opspoor nie.

Die polisie doen ‘n beroep op enige persoon met inligting wat kan help om vir Rabie of ’n verdagte wat vir sy verdwyning verantwoordelik is op te spoor, om die ondersoekbeampte by 063 691 0926 of 053 838 4254, gedurende kantoorure te skakel.