Cell C Newpark is omstreek 16:00 vanmiddag beroof. Een verdagte is vasgetrek.
Twee verdagtes het die winkel binnegegaan en gemaak asof hulle na fone kyk. Die verdagtes het die foon se sekuriteitskabel met ‘n lemmetjie afgesny.
Toe die sekuriteitsalarm afgaan, het die verdagtes probeer weghardloop. Werknemers van Cell C het daarin geslaag om een van die verdagtes in die winkel vas te keer. Die tweede verdagte het gevlug en in ‘n silwer VW Polo gespring. Die verdagte het gevlug met ‘n iPhone XS Max. Daar was vermoedelik ‘n derde persoon in die voertuig.
Sadé van der Merwe, adminbestuurder by Cell C, sê dat die verdagtes reeds vroeër die dag in die winkel was. “Hulle het die eerste keer ingekom en rondgekyk. Hulle het die winkel verlaat, maar later weer teruggekom.”
Van der Merwe het die paniekknoppie gedruk en ‘n sekuriteitsbeampte was eerste op die toneel. Die beampte het die verdagte se hande vasgebind totdat die polisie opgedaag het.





