Motoriste pas op in Achilles-straat!

HERLEAR – Motoriste word gewaarsku ’n gebarste pyp op die hoek van Achilles- en Herculesstraat in Herlear, Kimberley, is herstel, maar die oppervlak van die pad moet nog herstel word.

Ockert Fourie, ’n DA-raadslid, sê dit is ’n goeie voorbeeld van die gevaar wat die lekkasies in Sentraalweg, Beaconsfield, vir motoriste inhou. 

Die stroom water wat deur die lekkasie gevorm het, het grond-erosie veroorsaak. Dit het ’n holte onder die teer geskep en dit het meegegee, verduidelik Fourie.

Die gebarste pyp is sedert FiND iT gister ondersoek ingestel het, herstel.

Sello Matsie, woordvoerder vir die munisipaliteit, sê die departement van waterwerke herstel lekkasies wanneer dit vereis word. Herstelwerk word volgens ’n skedule gedoen.

Matsie sê daar is soms ’n vertraging in die skedule wanneer daar aan ’n hooftoevoerpyp soos die 965mm-watertoevoerpyp gewerk word. Die skedule word ook beïnvloed deur lekkasies wat in  Galeshewe, Roodepan en Ritchie rapporteer word.

*Foto’s en video is met ’n Huawei P30 geneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: