Barspyp administratief afgehandel, maar herstelwerk onvoltooid

BEACONSFIELD – ’n Waterlekkasie in Churchplek, in Beaconsfield, Kimberley, is volgens ‘n SMS vanaf die Sol Plaatje-munisipaliteit se inbelsentrum herstel, maar ondersoek deur ’n raadslid het gevind die werk is nie gedoen nie.

Ockert Fourie, ’n DA-raadslid, het gesê hy het vanoggend die boodskap ontvang wat bevestig het die barspyp op verwysingsnommer 210062 is herstel. Hy het ondersoek gaan instel en het dit anders gevind.

Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, sê dit is waarskynlik ’n adminstratiewe fout. Hy kon nie onmiddellik antwoord nie, omdat die personeel wat verantwoordelik is, vandag afwesig was vir wyle Patrick Meleng, ’n burgemeesterskomiteelid, se roudiens.

Die aangewysde wykslid vir die buurt moet opvolg en moet verseker die werk word verrig, het Matsie gesê.

Luidens Google StreetView is die lekkasie sedert 2014 ’n probleem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: