KIMBERLEY – ‘n Berig wat die heraanstelling van Lydia Mahloko, die voormalige finansiële bestuurder van die Sol Plaatje-munisipaliteit aankondig, is glo vals.
Bentley Vass, die LUR van die departement van koöperatiewe regerings, menslike nedersettings en tradisionele sake (Coghsta) in die Noord-Kaap het die Engelse dagblad gekritiseer oor ‘n Facebook-inskrywing van die dagblad, wat “vals” is. Dieselfde inligting is vandag in die koerant self gepubliseer.
Xhanti Teki, die woordvoerder vir Coghsta, het aan FiND iT bevestig die inligting is vals.
Luidens die persverklaring van Coghsta is in die koerant berig dat die Valke se direktoraad vir prioriteitsmisdade ’n kennisgewingbrief aan Coghsta en die Sol Plaatje-munisipaliteit gestuur het, vir bemagtiging om Lydia Mahloko, die voormalige finansiële bestuurder van Sol Plaatje-munisipaliteit, wat opgeskort is, weer aan te stel. Dit is onwaar.
Teki sê hulle het die brief ontvang, maar die Valke het dit as ’n fop-brief, wat na bewering in Photoshop gemaak is, bevestig. Hulle het dadelik onraad vermoed.
Die fop-brief en die oorsprong daarvan word nou deur departement en die Valke ondersoek.
Mahloko word in die 106-verslag van ondersoek by die munisipaliteit genoem. Die verslag bevraagteken onder andere Ruth Sebolecwe, ’n vorige waarnemende munisipale bestuurder, se rol in die onreëlmatige toegang tot die munisipale rekenaarstelsel wat aan die opgeskorte munisipale bestuurder, Goolam Akharwaray en Maholko verleen was. Die verslag verwys ook na die Hawks se ondersoek oor die onreëlmatige aanstellings van vriende en familie onder haar bestuur, en haar onvermoë om rekening te hou van al die EPWP-werkers op die munisipale sisteem.
FiND iT het navrae aan die koerant gerig, maar het teen tye van publikasie nog nie terugvoer ontvang nie.
‘n Afskrif van die brief wat na bewering fop-nuus is:





