Die afsterwe van die pragtige Magda Fourie, ‘n dokter en ma, het as ‘n groot skok vir baie mense gekom.
Magda, wat drie klein kindertjies, Hanneke (6), Adeline (4) en André (10 maande) agterlaat, was die engelvrou van Jaco Fourie. Die paartjie is al vir 10 jaar getroud.
Volgens ‘n persverklaring van Mediclinic Gariep, het Magda Vrydag 25 Julie, ‘n epileptiese aanval aan diens gehad en is deur die ER personeel en een van die ander noodeenheid-dokters geresussiteer. Daarna is sy in die intensiewe sorgeenheid opgeneem. Sy is daarna die oggend van 26 Julie 2019 oorlede.
Denise Coetzee, woordvoerder van Mediclinic Gariep sê Mediclinic Gariep se personeel en dokters betreur haar heengaan en spreek graag hul simpatie teenoor die Fourie gesin uit.
“Dr Fourie was nie voltyds in diens van die dokterspraktyk by die Noodeenheid nie, en was besig met haar tweede skof as waarnemende dokter toe sy siek geword het.”
Haar man, Jaco, het op sy Facebookblad geskryf haar gedenkdiens sal op 2 Augustus (Vrydag) uit die NG-kerk Bakenskop om 11:00, wees.



