Beauden Barret – gemene spel of ongeluk?

Deel hierdie storie / Share this story

WELLINGTON, NIEU-SEELAND. – Beauden Barret, losskakel van die All Blacks is Saterdag deur ’n wakker ondersteuner, Pieter van der Spuy, uitgevang wat gesien het hoe hy meters wen toe die skeidsregter Nic Berry ’n strafskop aan die All Blacks toegeken het in die 48ste minuut.

Kieran Read, die kaptein van die All Blacks, het aangewys Barret kan aanlê pale toe, maar die oomblik toe die skeidsregter sy rug draai het die losskakel wat Saterdag maar gesukkel het met sy korrel pale toe die bal sowat vier meter vorentoe geskop en daarvanaf aangelê.

Die flambojante losskakel het Saterdag in ’n verrassende skuif die 10 trui vir 15 verruil.  Alhoewel sy aanval en taktiese skopwerk nie teleurgestel het nie was dit nou nie juis sy beste wedstryd nie.  Boonop was sy korrel pale toe power. Die All Blacks moes die wedstryd deel met die Bokke in ’n gelykop uitslag van 16 elk.

Op die video kan jy duidelik sien hoe Barret vir homself meters wen.

Kon sy motief wees oor hy bloot in gedagte was of was dit opsetlik?  Kyk die video hier en gesels saam:

https://www.youtube.com/watch?v=hIUJzAmJvkQ&feature=youtu.be