Die tienermeisie wat na bewering sedert vanmiddag vermis word, het FiND iT gekontak en gesê: “Ek is veilig. Ek is nie vermis nie.”
Wiona Geldenhuys (18) het vanoggend na 08:00 vir haar sussie gesê sy gaan kafee toe, maar het nooit teruggekom nie. Sy het aan FiND iT gesê haar ma en pa weet waar sy is.
Na bewering is Wiona tans in Warrenton, maar haar ma, Natasha Smith, glo haar nie. “Ek is dood bekommerd oor my kind. Ek het nog niks van haar gehoor nie. Sy antwoord nie die foon as ek haar bel nie,” sê Natasha aan FiND iT.
Indien enigiemand inligting het wat haar ma kan help om vir Wiona op te spoor, kontak asseblief vir Natasha by 074 706 2732.



