Vermeende reeksverkragter se verhoor begin Maandag

Deel hierdie storie / Share this story

GALESHEWE – Ndumiso Giyani (30), ’n vermeende reeksverkragter, wat op verskeie aanklagte teregstaan, sal Maandag in die Hooggeregshof in Kimberley verskyn.

Die aanklagte waarvan Giyana aangekla word, is onder meer verkragting, roof, aanranding, ontvoering, beskadiging van eiendom en poging tot moord.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder vir die polisie in die Noord-Kaap, sê die verdagte is sedert Januarie 2019 in aanhouding nadat hy in hegtenis geneem is. Die oortredings het tussen 2014 en 2018 in Kimberley en Kaghiso in Galeshewe plaasgevind.

Die verdagte het in die Galeshewe-landdroshof verskyn. Die saak is vir verhoor na die Hooggeregshof verwys.

Die saak word deur lt.-kol. Marli Strydom van die polisie in Galeshewe ondersoek. Indien iemand enige inligting het wat in die ondersoek kan help, kan hulle Strydom by 082 495 0618 skakel.