Vroue in tradisionele huwelike geregtig op eiendomsregte

tradisionele huwelike

Vroue wat voor 1998 in ’n tradisionele huwelik getree het, is nou ook geregtig op huwelikseiendomsregte.

Die kabinet het wysigings aan die wet op erkenning van gebruiklike huwelike goedgekeur. Dit is in lyn met die uitspraak van die konstitusionele hof wat gevind het dat gedeeltes van dié wetgewing teen vroue diskrimineer. 

Jackson Mthembu, minister in die residensie, sê eggenote wat voor 1998 in ’n tradisionele huwelik getree het, sal voortaan gesamentlike en gelyke eiendomsreg hê op die huwelikseiendom.

Mans wat in ’n huwelik is met meer as een vrou sal nou hulle eiendomsregte gelykop met elke eggenoot deel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: