’n Motor en ’n bakkie was voor NTT Volkswagen Kimberley in Phakamile Mabija-straat in ’n ongeluk betrokke.
Na bewering was die bestuurder van die motor besig om ’n U-draai te maak toe die bakkie in hom vasry. Die motor het deur ’n besigheidsperseel se venster beland.
ER24-nooddienste was op die toneel. Niemand is ernstig beseer nie.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.












