Die Suid-Afrikaanse weerburo het as gevolg van sterk winde ’n waarskuwing uitgestuur om gereed te wees vir ontwrigtende en rampspoedige weerstoestande in Kimberley-, die Gariep- en Burgersdorp-gebied.
Weervoorspellings het gedurende die dag ’n windspoed van 70km/h in Kimberley aangedui.
FiND iT het klagtes ontvang van sinkpanele en bome wat in die stad omgewaai het.



