Ma benodig hulp na huisbrand

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Kom ons help Cynthia de Wee (50), die ma van Floors wat op 12 Julie 2019 baie van haar besittings in ’n huisbrand verloor het. Sy het nie huisversekering nie en is ’n enkelouer.

Na die brand benodig haar huis baie aandag. Haar dak (sinkplaat) het gate in gebrand en moet vervang word. Haar seun se kamer benodig ook nuwe teëls, omdat die houtteëls wat in sy kamer was, baie beskadig is.

Die kombuis moet ook geverf word. Die dakbalke in die leefkamer en haar seun se kamer is baie bros en gaan binnekort vervang moet word.

Die volgende lys items is vernietig in die brand:

  • Dubbelbedmatras en basis
  • Beddegoed vir die dubbelbed
  • Drie stelle gordyne
  • Sitkamerstel
  • 49’’ Telefunken-televisie
  • Skooltas en sporttoerusting vir haar seun
  • Sokkertoks (size 6)
  • Tekkies (size 6)
  • Klere en skoene vir haar seun (small)
  • ’n Losstaande klerekas
  • ’n Voordeur

Indien julle enige van hierdie lys items kan skenk of kan help met verf, sinkplate of enige ander items hierbo, los asseblief jou kommentaar en ons sal jou kontak.