Valke vang vorige werker vir siekbrief-bedrog

Deel hierdie storie / Share this story

Die Noord-Kaapse Valke se ondersoekeenheid na ernstige korrupsie het ’n 27-jarige vrou, ’n voormalige administratiewe klerk by die Valke, vir bedrog gedagvaar.

Nomthandazo Mnisi, die woordvoerder vir die Valke in die Noord-Kaap, sê na bewering het die verdagte in September 2018 ’n fop-siekbrief vir haar afwesigheid ingedien.

’n Beampte by menslikehulpbronne het teenstrydighede met die mediese sertifikaat opgemerk en dit rapporteer. ’n Interne dissiplinêre verhoor het gevolg en die werker het haar bedanking op 22 Oktober 2018 ingehandig.

Mnisi sê die verdagte gaan op 7 Augustus op aanklag van bedrog in die Kimberley-landdroshof verskyn.