Jeug loop in massas deur strate vir werk

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Jeugdiges wat verskeie kwalifikasies het, loop in massas deur die stad op soek na werk.

FiND iT het vanoggend met ’n groot groep voor Choctaw Spur in Monumenthoogte gesels. 

Hulle het verduidelik dat hulle na Eskom se hoofkantoor stap om hulle CV’s in te handig vir enige vakante poste waarvoor hulle kwalifiseer. Hulle sê hulle is gretig om te begin werk. 

“Ons het almal verskeie kwalifikasies en sommige van ons het ook akkreditasie. Dit is vir ons noodsaaklik om ’n inkomste te verdien om te kan oorleef,” het ’n leier van die groep gesê.

Hulle het vroeër in die week die departement van water en sanitasie asook verskeie ander departemente en besighede in Kimberley besoek.