KIMBERLEY – ’n Man is vanoggend na bewering op pad werk toe in Weseinde aangeval.
Talkmore Long, ’n man van Zimbabwe, was op pad na sy werksplek in Belgravia, Kimberley, toe hy na bewering deur twee mans agter Rugga Inn aangeval is.
“Ek was op pad werk toe. Ek dra gewoonlik ’n skokstok by my vir as mense met my moeilikheid soek, maar vanoggend het ek dit nie by my gehad nie. Die een man het van voor af gekom en die ander een het van agter verby my gehardloop en gekeer dat ek omdraai. Hulle het my oorval en die een het my op my mond geskop terwyl ek lê. Hulle het my selfoon, beursie en bestuurderslisensie gesteel.”
Long het gesê hy gaan nie ‘n saak open nie, want hy gaan nie weer sy besittings sien nie.



