Stakings vir eers afgeweer

Deel hierdie storie / Share this story

Onderhandelinge tussen Sol Plaatje-munisipaliteit en die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) vir ’n oplossing vir die griewe van munisipale werkers het oor die naweek voortgeduur.

Patrick Mabilo, die uitvoerende burgemeester van Kimberley, het in ’n persverklaring gesê die munisipaliteit en die unie moet saamwerk om die griewe van die werkers op te los.

Mabilo het gesê die platform is geskep om onderhandelinge voort te sit. Hy het gesê die eise gaan volgens kort-, medium- en langtermyn aangespreek word.  

Alle partye het ingestem om die belange van die werkers, die institusie en die gemeenskap eerste te plaas om spoedige dienslewering te verseker.

Mabilo het vir enige ongerief wat aan die gemeenskap veroorsaak is, om verskoning gevra. Hy glo dat hulle die koöperatiewe benadering sal kan volhou.

“Ons gaan almal saam moet werk om die droom van ’n moderne, groeiende, suksesvolle en digitale stad te kan bewaarheid,” het Mabilo gesê.