PAMPIERSTAD – Die polisie op Pampierstad benodig die gemeenskap se hulp om ‘n vermeende verkragtingsverdagte op te spoor. Die voorval het op 14 Julie 2019 op Pampierstad plaasgevind toe die verdagte ‘n 11-jarige meisie in ‘n veld naby die Sakhile Beespos verkrag het.
Die verdagte is na bewering ‘n Afrika-man, ongeveer 30-34 jaar oud, lig van gelaatskleur en het tatoeëermerke op sy linkerhand en linkerboarm. Hy het ook twee geboortemerke op sy gesig.
Enige persoon met inligting kan die polisie skakel by D / SGT Sidwell Dastile 084 550 2431 en 053 456 5202.



