Knorr herroep Cup-A-Soup weens allergeen-risiko

Deel hierdie storie / Share this story

Knorr het ’n aantal kartonbokse Cup-A-Soup summer vegetable lite herroep nadat dit verkeerdelik met ’n weergawe wat soja bevat, verpak is.

Luidens ’n persverklaring deur die maatskappy word die allergeen nie op die pakkie gelys nie. Slegs soppakkies met ’n beste voor-datum van 4 Oktober 2020 word affekteer. 

Verbruikers word versoek om dit nie te gebruik nie en kan die sorglyn by 0860 331 441 skakel of die webtuiste, www.knorrwhatsfordinner.co.za/contact vir meer inligting besoek.

Knorr sê die verbruikers se veiligheid kom eerste en vra om verskoning vir die ongerief.