Man pleeg selfdood na hy vrou vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Die polisie op Mothibistad ondersoek ’n saak van moord nadat ’n man (49) na bewering sy vriendin (48) by haar huis doodgeskiet het.

A.o. Mosimaneotsile Letsapa, woordvoerder vir die polisie op die dorp, sê die man het na bewering Sondag die slagoffer by haar huis in Unit 2 doodgeskiet.

Daarna het hy na sy huis teruggekeer waar hy selfdood gepleeg het. Die polisie het ’n vuurwapen langs die man se liggaam gevind.

Die motief vir die moord is nog nie duidelik nie. Die ondersoek duur voort.

Die polisie moedig mense met uitdagings in hulle verhoudings aan om bejaardes, pastore of maatskaplike werkers te raadpleeg.