Nuwe geestesgesondheidhospitaal maak September oop, sê premier

KIMBERLEY – Dr. Zamani Saul, premier vir die provinsie, sê die nuwe geestesgesondheidhospitaal op die R31 buite Kimberley gaan inderdaad in September 2019 geopen word.

Die premier sê hulle is nie trots op die oorbesteding en vertraging van die projek nie. Alles sal gedoen word om te verseker dit word nooit weer in die Noord-Kaap herhaal nie. Dit is hoekom daar ingegryp word by infrastruktuurprojekte om die beplanning, ontwerp en implementering daarvan te versterk, verduidelik Saul.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: