Man skok homself in die hospitaal in

’n Dertigjarige man wat na bewering ’n kragkabel wou steel, het homself in die hospitaal in geskok.

Albert Hensberg, bestuurder van ER24, het bevestig die man is na die Robert Sobukwe-hospitaal geneem, nadat hy geskok het.

Die man is oor sy gesig en hande gebrand. Hy het ook op sy kop gebrand.

’n Sekuriteitsbeampte, wat op die toneel werk, sê hy het rook by die substasie sien uitkom en ondersoek ingestel.

Inwoners van Beaconsfield sê hulle ken die man goed. “Hy is nie ’n dief nie en het nog nooit iets gesteel nie.” Volgens hulle is hy geestesversteurd.  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: