Inwoners ongelukkig met tariefverhogings vir swak diens

Inwoners van Kimberley betaal nou gemiddeld 6% meer vir munisipale dienste. Die heffing op water het met 6% gestyg, terwyl tariewe vir sanitasie en vullisverwydering 6.43% duurder is.

Residensiële waterverbruikers kan verwag om nou R6.30 per kiloliter (6.06% duurder) vir die eerste ses kiloliter water te betaal.

Daarna beloop die koste soos volg:

  • R26.77 per kiloliter vir 7 tot 20 kiloliter (6.02% duurder);
  • R30.13 vir 21 tot 40 kiloliter (5.98% duurder);
  • R31.75 vir 41 tot 60 kiloliter (5.62% duurder);
  • R34.05 vir meer as 60 kiloliter (6.01% duurder);

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê die verhogings is ná sorgvuldige konsultasies met die gemeenskap goedgekeur. 

Lesers is glad nie gelukkig met die verhogings nie

Charmaine de Jager het op FiND iT se Facebook-blad gesê: “Kyk hoe loop die water in die strate.”

“Ons gebruik nou meer as ’n jaar nie meer munisipale water nie. Gebruik ’n JoJo-tank en maak dit vol met boorgatwater,” verduidelik Stephan Bruwer.

Tina Conrade sê die verhoging is erg en boonop gee die munisipaliteit nie om oor watermeters wat lek nie en ’n mens moet maar net betaal en voortgaan.

Annie Annie sê sy verstaan nie hoe die munisipaliteit waterlesings neem wanneer die meters toe onder die grond is nie. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: