Mnr. en Mej. Addie-finaliste – deel 3

Hier is nog twee van Adamantia se Mnr. en Mej. Addie-finaliste.

Hoërskool Adamantia se kroningsaand vind op 23 Augustus 2019 plaas. Kaartjies vir die aand, teen slegs R30, is reeds by die skool en die finaliste beskikbaar. Daar is altesaam 27 finaliste waarvan 13 seuns en 14 meisies is.

FiND iT gaan weekliks twee finaliste bekendstel. Kyk ook na Addies se Facebook-blad hier.

Morgan Keyser

Morgan (16) sê sy hou daarvan om kreatief te wees en is mal oor roomys. “Ek hou daarvan om met kinders te werk en in die veld te wees. Ek wil mense wat sukkel graag help.”

“My rolmodel is beslis my ma, want sy is ’n goeie voorbeeld vir my. Sy respekteer my en almal om haar. My ma is ’n sterk vrou en ek is baie lief vir haar. Sy is hardwerkend en sal enigiets doen om my te beskerm.

“Ek neem deel aan Mej. Addie, omdat ek iets goed vir die gemeenskap wil doen en nie daarvan hou om te sien hoe mense seer- of swaarkry nie.

Jason Fensham

Jason (17) sê hy is ’n persoon wat maklik glimlag en mense met graagte sal help en probeer gelukkig maak. “Ek is baie standvastig in my waardes van eerlikheid en betroubaarheid. Ek behandel al my vriende soos my naaste familie en is altyd op die uitkyk vir nog vriende.”

Hy sê hy is verskriklik lief vir die natuur. “Hierdie liefde het saam met my van die plaas af gekom en sal altyd by my bly.”

“Ek is altyd dankbaar vir geleenthede soos Mnr. Addie en ek gryp dit met beide hande aan. My woord is my eer en eerlikheid is my trots.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: