Vermeende inbreker vrygelaat

KIMBERLEY. – Een van die twee mans, wat by ’n bekende inwoner van Kimberley se huis in Diamantpark ingebreek en elektriese toerusting ter waarde van R21 000 gesteel het, is vrygelaat.

Foto’s van die twee mans was op die Verwoerdpark WhatsApp-groep geplaas, sodat die buurt op die uitkyk vir die mans kon wees.

 “Die buurtwag het twee mans op die perseel betrap en die polisie gebel, maar die verdagtes het van die toneel af gevlug voor die polisie opgedaag het. Vóór hulle gevlug het, het die buurtwag foto’s van die verdagtes geneem.”

’n Lid van die buurtwag het aan FiND iT bevestig hulle het die een verdagte op 9 Julie 2019 naby Rugga Inn gevang en hom aan die polisie oorhandig.

Die verdagte het egter nie in die hof verskyn nie en is vrygelaat weens die gebrek aan genoegsame getuies.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: