Camilia-rioolpompstasie leeg gedra

Deel hierdie storie / Share this story

Verdagtes het na bewering bykans “alles”, onder andere koperkabels, oor die naweek by die pompstasie in Roodepan gesteel.

Luidens ’n persverklaring deur Sol Plaatje-munisipaliteit kan riool nie nou vanaf Roodepan tot by die Homevale-watersuiweringsaanleg gepomp word nie.

Die munisipaliteit het vir enige ongerief hier veroorsaak om verskoning gevra en het ’n klag by die polisie ingedien.