Die Bling Bling Pet Grooming Parlour, wat geleë is in Georgestraat 148, is op soek na die eienaar van ’n Rhodesian Ridgeback (Rifrug), wat vanoggend by die salon aangestap gekom het.

Anver Temm, ’n werker by die salon, het aan FiND iT bevestig die reun is omtrent vyf jaar oud. Hy het nie ’n bandjie om sy nek nie en het ’n wond bo sy regteroog.
“Indien ons nie die eienaar van die hond kry nie, gaan ons hom DBV toe moet vat. Ons kan hom ongelukkig nie hier hou nie, al wil ek,” sê Temm.
Indien dié Rifrug joune is, kontak asseblief vir Anver by 078 621 7930.



