Rudi Dreyer en Louwrens van Heerden van die Lodge Union of Athole 591 SC het die naweek weer ’n uitreik op Barkly-Wes gedoen. Hulle het die koue trotseer en sop aan families in die plakkerskamp uitgedeel.

Dreyer sê hulle het vanaf 07:00 in die plakkerskamp begin sop uitdeel. “Die verbygangers het weer ander mense nader geroep om ook sop te kom haal.”
Hy sê toe dit stil begin raak, het hulle deur die dorp gery en by mense gestop wat op pad werk toe was.
“Dit het baie gehelp vir die ergste koue,” sê Dreyer.





