Brand ontstaan buite besigheid in Kimberley-middestad

Deel hierdie storie / Share this story

’n Vullisbrand het by ’n besigheid in Kelvinstraat in die middestad van Kimberley ontstaan.

ER24-nooddienste en die brandweer was op die toneel. Riaan Janse van Vuuren, woordvoerder van die brandweer in Kimberley, het díe voorval bevestig en gesê geen beserings is aangemeld nie.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. FiND iT hou jou op hoogte.