Skok na geliefde ma van vier verongeluk

KIMBERLEY. – Mia van Reenen, ‘n geliefde vriendin, eggenoot en ma van vier, het gister noodlottig verongeluk.

Mia was gisteroggend op pad vanaf haar plaas op Groblershoop, toe sy na bewering ‘n koedoe getref het.

Mia is die eggenoot van Louw van Reenen, eienaar van Beefmaster in die Noord-Kaap. Hulle het vier jong kinders.

Boodskappe van medelye het op Louw se Facebook-blad ingestroom:

“So so sorry Louw. Still in a state of shock and absolute dismay. What a truly lovely person Mia was and she will be missed by everyone who knew her. She was loved and you all loved her so much. My heart is sore and I cannot imagine how you and the children are feeling. My deepest sympathy to you all. You are all in my thoughts and prayers.” – Steve Lunderstedt

“Louw ek het nie woorde nie, ek is nogsteeds geskok! Ek is so jammer om te hoor van Mia. Dink aan jou en julle pragtige kinders.” – Heleni Holroyd

“Môre Louw en gesin. Baie jammer om die slegte nuus te kry. Sterkte aan jou en gesin. Julle is in my gebede.” Jobo de Villiers

“Baie sterkte vir jou en die kinders… Mia was nog altyd ‘n engel-vrou. Mag julle vertroosting vind. Al is dit nie nou nie. Ons dink aan julle. Ons bid vir julle.” – Natassja Verster

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: