Helse slag toe motors bots, sê omstander

Deel hierdie storie / Share this story

’n Toyota GT en ’n Volkswagen het in Phakamile Mabijastraat in Kimberley-Noord gebots. 

Na bewering het een van die motors by ’n besigheid uitgedraai toe die botsing plaasgevind het. Daar was ’n helse slag en dit was in ’n oogwink verby, het ‘n omstander verduidelik.

Owerhede en nooddienste was op die toneel.