Spertyd vir uitvoer van skape na Suid-Afrikaanse slagpale sluit môre

New Era Live

Die spertyd vir Namibiese boere om aansoek te doen vir uitvoerpermitte van lewendige skape wat in Suid-Afrika geslag moet word, sluit môre.

Luidens ’n berig deur New Era Live, ’n Namibiese koerant is daar ’n prysverskil van R8 per kilogram tussen slagpale in Namibië en Suid-Afrika. Die vleisraad van Namibië gebruik die pryse vir nuwe stipulasies vir die skaapbemarkingskema wat op 1 Junie ingebring is.  

Die slagpale in Suid-Afrika wat gebruik word om pryse te vergelyk, is Rooidag op Springbok en KLK op Upington.

Luidens die berig sal die uitvoer van skape sleg goedgekeur word indien boere ’n beter prys vanaf slagpale in Suid-Afrika ontvang.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: