Eerste keer dat pappa iemand skiet

Charl en sy vrou, Tracy. Foto: Facebook

Vandag was ’n donker dag vir ’n klein gesin van Vanderkloofdam. Charl Stoltz (45) en sy vrou Tracy Stoltz (44), het gister gedink hulle gaan ’n lekker familiedag in Kimberley hê, maar die dag het vinnig in ’n nagmerrie ontaard.

Charl Stoltz het vandag in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord en die afvuur van ’n pistool in ’n munisipale/publieke area, nadat hy Maandag 10 Junie 2019 ’n man in die rug geskiet het omdat die man na bewering hulle selfoon gesteel het.

Tracy, wat van vanoggend 08:00 by die hof gesit en wag het vir haar man se saak om voor te kom, het ’n paar minute met FiND iT ’n eksklusiewe onderhoud gehad.

Nie van Kimberley

“Ons woon duskant Vanderkloofdam en het Kimberley toe gekom om inkopies te doen en om my seun (16) se ID by binnelandse sake op te tel. Hy gaan Desember op ’n skeepsreis en benodig sy ID,” vertel Tracy buite die landdroshof.

Wou nie die motor onbeman los nie

Terwyl Tracy haar dogter (10) styf vasgehou het, het sy vertel wat in die middestad van Kimberley gebeur het. “My man wou nie uitklim nie, omdat hy weet dit nie ’n goeie area in Kimberley is nie. Ons het ’n stofsuier in die kar gehad, so hy wou nie die motor onbeman los nie. Ek en die kinders het gou ingehardloop by binnelandse sake om die ID af te haal. Ek het niks gehoor of gesien nie, maar toe ons uitkom was daar ’n massiewe groep mense om my man en ons motor. Ek het besef iets is aan die gang. Toe ons by my man kom het hy ons in kennis gestel daar was ’n skietery en dat die man haar selfoon uit die motor gegryp het.”

Te veel emosies

“In daardie oomblik het ek nie lekker gevoel oor die gebeure nie. Ek is gespanne en bekommerd vir wat voorlê. Daar is so baie emosies en gevoelens wat ek tans beleef,” sê ’n emosionele Tracy. “My man hou sy pistool by hom vir veiligheidsredes. Ons is gatvol vir al die misdaad in die land. Charl is op die toneel in hegtenis geneem en het die aand in die Kimberley-polisiekantoor aangehou en is tans nog in die selle.”

Eerste keer

Sy vertel hoe sy en haar kinders die aand in ’n gastehuis deurgebring het en nie klere gepak het om te oornag in Kimberley nie. Haar dogter het aan FiND iT gesê dat alles met haar pappa scary is. “Dit is die eerste keer dat pappa iemand skiet.”

Ek wens

“Ek het gedink dit gaan ’n lekker familie uitstappie wees. Ek wens ons het nooit Kimberley toe gekom nie,” verduidelik Tracy.

2 thoughts on “Eerste keer dat pappa iemand skiet

  1. Wanneer gaan onskuldige mense meer regte he as kriminele. Dit is hoekom dit gaan in die land soos wat dit is. Want skelms word beskerm deur die regering en onskuldige slag offers moet aangekla word omdat hulle net hulself en hul besittings wil beskerm. Mense werk hard vir wat hulle het en die skelms kan maar net verwoesting saai soos wat hulle wil. Dan kry hulle nog n vakansie en Massie we voordele as hul wel in die tronk opeindig waarvoor die slag offers as belastingbetalers in elkgeval ook nog voor moet betaal. Genoeg is nou net genoeg!

  2. And so the criminal are protected by a corrupt laws from the ANC but a black that killed one and wounded two gets bail. It looks like we have two sets of laws one for black criminals and one for whites

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: