Polisie sluit kinderbeskermingsweek in De Beers af

Brig. Tip Brink en brig. Mohale Ramatseba.

Die polisie in die Noord-Kaap het op 11 Junie die kinderbeskermingsweek by ’n voorskool in De Beers in Kimberley afgesluit.

Kapt. Sergio Kock, woorvoerder vir die polisie, sê: “Lede van die provinsiale korporatiewe kommunikasie-afdeling, menslikehulpbronne, sigbarepolisie, Galeshewe en Kimberley GKS asook die SAPS Women’s Network and Men For Change, tesame met lt.-kol. Marli Strydom en kapt. Sabata Tsiu van die GKS-eenheid het veiligheidpraatjies vir die leerders by die voorskool gehou. Die kinders is tussen die ouderdom van vier tot ses jaar oud.”

Voorts sê hy: “Die kinders het aandagtig geluister. Elke kind is met inkleurboeke en lekkernye bederf. Vingerafdruk-oefeninge is ook op sertifikate gedoen. Die sertifikate is by die skool met behulp van die onderwysers ingevul. Die kinders het die polisiebeamptes met liedjies en gedigte bederf.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: