Man in hof oor skietery

KIMBERLEY. – Die man wat na bewering ‘n vermeende dief gister in die Kimberley-middestad geskiet het, verskyn nou in die landdroshof hier. Hy is kort na die skietery op aanklag van poging tot moord en die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n openbare gebied, in hegtenis geneem.

Die man se gesin, wat buite die hof sit, sê aan FiND iT hy is gisteraand by die Kimberley-polisiekantoor aangehou nadat hy in hegtenis geneem is.

Hulle het glo kom inkopies doen en wou hulle seun se ID-dokument optel. Die gesin woon duskant Vanderkloof.

Die vermeende dief het na bewering ‘n selfoon by hulle gegryp en toe weggehardloop. Die man het na verneem word ‘n waarskuwingskoot afgevuur, maar die vermeende dief het glo aanhou hardloop. Hy het hom toe na bewering in die rug geskiet.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, het die aanklagte waarop die man verskyn, bevestig. Sy sê die vermeende dief word vir diefstal aangekla. Hy is na die skietery in die hospitaal opgeneem.

Die skietery het wyd reaksie uitgelok, met groepe in Kimberley wat bekommerd is oor die misdaad in die middestad en hoe senuweeagtig mense deesdae as gevolg van misdaad is.

FiND iT het met die gesin van die man gepraat en plaas die onderhoud nadat die man in die hof verskyn het.

FiND iT hou jou op hoogte.

2 thoughts on “Man in hof oor skietery

  1. Plaas die man die peacefully vrek geskied het. Dit is iets vreeslik in die middestad. Ek en my dogter ook vanoggend amper beroof. Dank die goeie Bewaarder dat ons permanent met gesluite deure ry

    1. Sometimes less lethal skills can save a person in terms of Private Defence.
      There will be a Self Defence and Pepper spray course this Saturday 15 June 2019, in Kimberley.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: