Nuwe LUR’s vir die Noord-Kaap ingesweer

Die ANC in die Noord-Kaap het die nuwe LUR’s verwelkom en sê hulle is vol vetroue dat die nuwe lede die mense van die provinsie sal dien.

Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, sê hy het twee dae gelede vir die regterpresident van die Hooggeregshof in die Noord Kaap, Pule Tlaletsi, gevra om vandag op 29 Mei die nuwe LUR’s vir die Noord-Kaap in te sweer.

Voorts sê hy: “Vir die afgelope twee dae in afwagting vir vandag was ek die hele kabinet. Dit was nogal stresvol saans as ek in die bed lê en besef hoeveel gesag ek het. Daarom is ek bly om vandag die nuwe LUR’s aan julle voor te stel.”

Die nuwe LUR’s van die Noord-Kaap is:

  • Bernice Ngneve vir sport, kuns en kultuur.
  • Nontobeko Vilakazi vir vervoer, veiligheid en skakeling.
  • Maruping Lekwene vir finansies, ekonomie en toerisme.
  • Mase Manopole vir gesondheid.
  • Bentley Vass vir Coghsta.
  • Macollen Jack vir onderwys.
  • Nomandla Bloem vir landhervorming, landbou en natuurbewaring.
  • Abrahams Vosloo vir paaie en openbare werke.
  • Barbara Bartlett vir maatskaplike ontwikkeling.

“Hierdie LUR’s is buitengewoon en ek hoop ons het ’n opwindende tyd saam terwyl ons die provinsie beter maak,” sluit Saul af.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: