Kenhardt-verkragter kry lewenslange tronkstraf

UPINGTON – ’n Verkragter van Kenhardt is tot lewenslange tronkstraf gevonnis, asook 10 jaar vir ontvoering. Die 26-jarige John Bles Links is op 28 Mei 2019 in die hooggeregshof op Upington gevonnis.

’n Saak is in Oktober 2018 aangemeld waar ’n sesjarige meisie ontvoer en verkrag is. Toe die ma van die slagoffer die oggend wakker word, het sy opgemerk haar dogter is nie by haar nie. Sy het ook later ontdek dat die hoofskakelaar van die elektrisiteit af was. Nadat sy haar kind gesoek het en nie kon kry nie, het sy die saak by die Kenhardt SAPD aangemeld.

Terwyl die ma by die polisiekantoor was, het die slagoffer by die huis aangekom. Daar is toe ontdek dat sy die vorige aand ontvoer is en deur die beskuldigde verkrag is. Die beskuldigde is ’n familielid.

Die ondersoekbeampte in die saak was sers. Oakifile Mocumi van Kakamas FCS. “Ek is baie trots om sy bevelvoerder te wees,” het die bevelvoerder van die eenheid, kapt. Henriette Myburgh, gesê.

Sers. O. Mocumi

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *