KIMBERLEY. – ’n Man van die stad het na bewering die eienaar van ‘n bekende nagklub ernstig aangerand.
Buite klub geslaan
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die man is op 22 Mei vir aanranding met die opset om ernstig te beseer, aangekla. Die voorval het na bewering op 12 Mei buite die nagklub plaasgevind.
Interdik oor musiek
Dae na die voorval het ‘n inwoner ’n interdik teen die nagklubeienaar gebring wat hom verhoed om harde musiek te speel. Luidens die interdik mag hy nie buite haar huis urineer, sy vriende aanspoor om in haar erf te gaan, voor haar erf te stop, harde musiek speel of haar intimideer nie. Hy mag ook nie ander aanspoor om haar of haar familie te intimideer nie.
Hy moet op 26 Junie in die landdroshof hiervoor verskyn. Hy staan die aansoek teen.
*Die name van die partye is aan FiND iT bekend, maar word tot en met die hofverskyning – of direkte toestemming van die partye – nie bekendgemaak nie.



