Twee taxi’s bots in Longstraat

Deel hierdie storie / Share this story

Twee taxi’s het na bewering net na 09:00 voor Medi Cross in Longstraat gebots.

Toe FiND iT die toneel besoek, was die ongelukstoneel reeds opgeklaar. Luidens omstanders is niemand beseer nie en was die skade nie ernstig nie.

’n Motoris wat die voorval aanskou het, sê: “Een taxi het in Longstraat stilgestaan toe die ander taxi in hom vasgery het. Dit gelyk of die agterste taxi van die slag terugspring het, want hy het baie ver terug van die voorste taxi stilgehou.”

FiND iT hou jou op hoogte.