Radio Teemaneng Stereo (RTS) vier Afrikadag

As deel van Afrikadag het Radio Teemaneng Stereo (RTS) hulle radiostasie na die Colville-gemeenskap in Kimberley geneem, sê kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder.

“Ons weet almal dat radio een van die kragtigste maniere is om belangrike inligting aan die gemeenskap deur te gee. Dus het ons interessante sprekers op die dag gehad wat kom praat het oor waardevolle onderwerpe rakende die gemeenskap,” sê Kock.

Onder die sprekers was die uitvoerende hoof van die Shain Griekwa-raad en -ontwikkelingsentrum in Colville, kapt Sergio Kock van die provinsiale SAPD-mediasentrum asook die SAPD  se Men for Change wat oor die veranderings en veiligheid van die gemeenskap gepraat het.

Volgens Kock speel sport en ontspanning ‘n belangrike rol in die opheffing van die gemeenskap. “Dit bind families as almal deel is van die ervarings en prestasies, ongeag of dit sokker, netbal, dans, aerobics, gesigverf, springkastele of speletjies is.”

Hierdie prettige dag met Minnie Muis en Smurf  het plaasgevind by die Sweedse saal op 25 Mei 2019.

Die dag is moontlik gemaak deur belanghebbendes soos RTS, MTN, SAPD, Party and More, Pick n Pay Galeshewe, Beauty and The Bull Productions, Northern Cape Tourism Authority, All Stars, Frankmetic Inc, Jabulani Butchery and Keipoletse Funerals.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *