’n Motoris het omstreeks 17:00 op 27 Mei na bewering ’n rondloperhond wat bekend is in Kimberley opsetlik doodgery.
Lizelle Bredenkamp het op ‘n Facebook-plasing gesê: “Die vrou wat bestuur het, het nie eers stadiger gery of probeer stop nie. Dit maak my siek. Ons was twee getuies wat dit aanskou het en ons sal uitvind wie die verantwoordelike persoon was en haar rapporteer.”
Voorts sê sy: “Die hond is vir jare aan die inwoners van Ernestville en Cassandra bekend.”
Alida Jacobs sê: “Ag nee! Ek kry haar gereeld by Ernestville”
Anneke Kruger het op die plasing gevra: “Wat soek die hond in die straat?”
“Die hond het nie ’n huis nie en ons kon haar nog nooit gevang kry nie,” verduidelik Kimberly Sassin.
Voorts sê sy: “Ons het almal al probeer om haar te vang. Self die DBV het probeer. Daar word gereeld op die troeteldiere-groepe geplaas dat mense haar probeer vang, maar sy was altyd net te vinnig. Sy was lekker rond, want al die mense in die woonbuurt het haar gevoer, maar kon nooit naby kom nie. Ek kan dit nie glo nie. My hart is in stukke. Sy was so mooi.”
Hester Chalmers sê: “Nou is my hart stukkend!”



