Vandag, 28 Mei, is nasionale hamburgerdag. Hoe hou jy van jou burger?
Daar word geglo dat die oorsprong van die moderne hamburger na die antieke beskawings soos Egipte teruggevoer kan word. Die Egiptenare sou maalvleis voorberei wat in plat koekies gevorm is en met verskillende speserye gekrui is.
Genghis Khan se Mongolese leër het ook gemaalde vleis geëet. Die patties is egter onder die saal van hulle perde geplaas sodat die wrywing tussen die perd en saal die gemaalde vleis kon saampers. Hulle het dan die eindproduk rou geëet.
Uiteindelik het die maalvleis van die Mongoolse weermag dit na Rusland gemaak waar dit in steak tartare omskep is – ‘n rouvleis-lekkerny. Gedurende die 16de eeu sou die steak tartare vanaf Rusland na Duitsland reis via handelsroetes vanaf ‘n Russiese hawe na die hawe van Hamburg, Duitsland. En dit is daar waar dit regtig omskep is in die gereg wat ons almal vandag ken en liefhet.
Inligting: http://www.holidayscalendar.com/event/hamburger-day/



