Radio Teemaneng het verskeie gassprekers o.a. kapt. Sergio Kock, woordvoerder vir die polisie in die Noord-Kaap asook die hoof uitvoerende bestuurder van die Shain Griqua-ontwikkelingsentrum na hulle ateljee uitgenooi.
Kapt. Kock sê: “Almal weet radio is een van die kragtigste vorms van kommunikasie om belangrike inligting aan die gemeenskap oor te dra. Verskeie gassprekers het oor belangrike onderwerpe met die gemeenskap as fokus gepraat.”
Voorts sê hy: “Sport en buitemuurse aktiwiteite speel ’n groot rol in die verbetering van die gemeenskap. Dit versterk die band tussen families. Daarom was sokker, netbal, dans, aërobiese oefeninge en gesigverf, springkastele en inheemse speletjies deel van die dag se vieringe.”
“Die dag was propvol pret. Minnie Mouse en ’n Smurf het op 25 Mei besoekers aan die Swedish Hall vermaak. Die dag is moontlik gemaak deur verskeie belanghebbendes o.a. RTS, MTN, SAPS, Party and More, Pick n Pay Galeshewe, Beauty and The Bull Productions, Northern Cape Tourism Authority, All Stars, Frankmetic Inc, Jabulani Butchery and Keipoletse Funerals,” sluit kapt. Kock af.

















