2 km oorhoofse koperkragkabels op spoorlyn gesteel

Deel hierdie storie / Share this story

Een van die oorhoofse kraglyne van Transnet is ongeveer 15 km buite Kimberley op die N12 noord na Warrenton beskadig. Na bewering het boewe net na 05:00 vanoggend met ongeveer 2 km koperkabels weggekom.

Mike Asefovitz, ’n woordvoerder vir Transnet, sê: “Slegs een passasierstrein is geaffekteer. Een van die twee spoorlyne hier sal vir die volgende drie dae vir herstelwerk gesluit wees. Alle treine sal van die een oop spoorlyn gebruik maak.”

“Die polisie ondersoek ’n saak van diefstal. Geen persone is in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort,” verduidelik kapt. Sergio Kock.