NK-afrigter R115 000 beboet na resiesperd positief vir testosteroon toets

Deel hierdie storie / Share this story

Die nasionale perdewedren-owerheid (NHA) het in ’n ondersoek op 16 Mei in Turffontein vir Gert Theron, ’n afrigter van die Noord-Kaap, skuldig bevind en met R115 000 beboet nadat sy resiesperd Chestnut Troop positief vir hoë testosteroonvlakke getoets is.

Arnold Hyde van die NHA sê: “Theron is vir die oortreding van reël 73.2.2, 73.4.4 en 74.1 oorskry het aangekla. Theron is die afrigter vir perd genaamd Chestnut Troop en is ’n reun. Die perd was bestem op te hardloop en het ook in die 6de wedren op die baan by Flamingo Park op 12 November 2018 gehardloop.”

Voorts sê hy: “’n Bloedmonster van Chestnut Troop is voor die wedren vir analise geneem. Resultate het ’n testosteroon vlak van 174.59 pico gram per milliliter plasma getoon. Die maksimum aanvaarde vlak vir testosteroon is 100 pico gram per milliliter plasma.”

“Testosteroon is ’n verbode middle en word nie toegelaat nie. Alhoewel Theron onskuldig gepleit het, is hy vir die aanklag skuldig gevind. Die raad het ’n straf in die vorm van ’n boete ter waarde van R115 000 aan Theron opgelê,” verduidelik Hyde.

“Verder is Chestnut Troop gediskwalifiseer kragtens reël 72.3.2, maar reël 67.7.8 is nie van toepassing indien Chestnut Troop ongeplaas hardloop nie,” sluit Hyde af.