
Die reuk van dood – leser vertel
** Spookstories word ingestuur deur FiND iT lesers en is nie die opinie van
FiND iT nie.**
“Ek het een somersnag gelê en slaap, toe ek wakker word van die verskriklikste reuk. Dit was aaklig en het geruik soos iets wat dood is. Ek het opgestaan om ondersoek in te stel , maar kon niks sien of kry nie.”
“Ek het tissues in my neus gedruk, met die hoop dat ek dit minder sal ruik en het weer aan die slaap geraak. Ek het drie-uur daardie oggend weer wakker geword met pyn, dit het gevoel of iets my gekrap het.”
“Ek het opgespring en na die spieël toe gehardloop. In die spieël het ek gesien daar is drie lang krapmerke agter op my rug. Een van die krapmerke het tot op my heup gestrek. Dit was baie diep en dit het baie gebloei.”
“Nie lank daarna nie is ek met goed gegooi. My hele kamer was verwoes soos wat die goed deur die lug getrek het. Die beddegoed was van die bed af getrek en al die kasdeure was oop. Dit was vreesaanjaend.”
“Die dag wat ek die woonstel verlaat het, het ek die figuur van n man in ‘n swart jas gesien. Hy het die verskriklikste reuk aan hom gehad, soos die nag wat ek wakker geword het van die reuk.”
“Ek het eers daarna uitgevind iemand het homself doodgemaak in dieselfde kamer as waar ek geslaap het. Dit is vermoedelik ‘n poltergeist.


