Rioolwater stroom by selfgemaakte kanaal op erf uit

Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, sê: “Indien water vanaf ’n erf kom, is dit die verantwoordelikheid van die eienaar. Die munisipaliteit is steeds bekommerd omrede dit rioolwater is.”

Dit is nie die enigste probleem in die buurt nie. Water stroom ook by ’n watermeter op ’n erf in Crossweg uit tot af in Vrystaatweg.

In Broadwayplek is daar nog ’n watermeter waar munisipale water uitspuit. Nog ’n lekkasie in Austenstraat wat volgens ’n inwoner vir die afgelope drie maande lek, vloei saam met die stroom van Broadwayplek waar dit in Kaapstadweg opdam.

Die inwoner van Austenstraat sê: “Die lekkasie het ontstaan nog voor die verkiesing en dit lek steeds na die verkiesing. Jy rapporteer die probleem, maar eenvoudig niks word daaraan gedoen nie. My dogter het groot skade gely nadat haar motor ’n slaggat getref het wat onder water gelê het. Dit het nie net die bande beskadig nie. Die verkoeler, oliefilter en die sump is beskadig. Dit help ook nie om vir vergoeding vanaf die munisipaliteit te eis nie, ons sal dit nie regkry nie.”

Op die hoek van Dalhamweg en Pullingerstraat is nog ’n lekkasie wat sterk stroom. Die put op ’n sypaadjie by Dalhamweg 42 is vir maande nog nie opgevul nie. Nie ver daarvandaan nie lê ’n lamppaal al vir ’n geruime tyd flenters op die sypaadjie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: