Ramaphosa belowe om korrupsie in die ANC uit te roei

Mike Hutchings | Reuters

President Cyril Ramaphosa het tydens ’n oorwinningstoespraak in Johannesburg beloftes gemaak om die ANC reg te ruk en korrupsie in die party uit te wis.

“Kiesers het met hierdie verkiesing ’n duidelike boodskap uitgestuur. Hulle het kwessies wat hulle frustreer. Ons het ’n les geleer. Ons gaan teruggaan na die gemeenskappe wat probleme ondervind en ons gaan na hulle kwessies luister,” verduidelik Ramaphosa.

Die ANC het 57.5% in die nasionale verkiesing behaal, gevolg deur die DA met 20.77% en 10.79% vir die EFF.

Statistieke

17 671 616 geldige stemme van 26 756 649 mense wat vir die verkiesing geregistreer is
235 472 ongeldige stemme
22 925 stemlokale

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: