Sol Plaatje-inbelsentrum vir begrafnis gesluit

Sol Plaatje-munisipaliteit het bevestig werkers van die inbelsentrum het op Saterdag 11 Mei die begrafnis van ’n kollega in die departement bygewoon.

“Ek het die munisipaliteit Saterdag gebel om ’n fout te rapporteer. Ek  was eerste in die lyn, maar het vir byna ’n halfuur aangehou. Daar was geen antwoord nie,” het ’n inwoner op sosiale media gekla.

Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, sê: “Ongelukkig is een van die telefoonoperateurs op die dag ter ruste gelê. Mede-kollegas het die begrafnis bygewoon. Alhoewel daar ’n skeleton crew aan diens was, het skofte eers later op die dag na normaal teruggekeer.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: