Ouers van Laerskool Diamantveld het Maandagaand voor die skool geslaap om seker te maak hulle kry plek vir hulle kinders.

Volgens een van die ouers, Olivia Shounyane (33), staan die meeste van hulle al sedert gister 16:00 daar. “Ek is laasjaar weggewys by die skool omdat daar nie plek was vir my kind in gr.R nie.”
Nog ‘n ouer, Christel Chetty (30), sê as haar kind nie dié jaar plek kry nie, neem sy dit verder.
“Volgens die departement van onderwys en die skool moet kinders wat ander broers en susters in die skool het voorkeur kry, maar my jongste het nie laasjaar plek gekry nie en haar broer en suster is in die skool.”
Die broer en suster is in gr.5 en gr.6.
‘n Ontstelde ouma, Sureya Mota (52), se kleindogter is een van talle kinders wat ook nnie laasjaar plek gekry het nie. “Ek sal die hele nag hier staan om te sorg dat my baby in gr.1 in die skool kan wees.
Oop plekke


Christel Chetty, Olivia Shounyane en Sureya Mota



